Fakulteit se Tuisblad
Departement se Tuisblad
Personeel
Kontak ons
Navorsing
Lenteskool
Inligting
Projekte
Gemeenskapsdiens
Databasis Taalbeleide
Fotogallery
Inligting
Bulletin
Monitor
Suid-Afrikaanse Nuusitems
ETFB
Projekte
Publikasies
Interdissiplinêre Studiegroep

Taalbestuur en Taalpraktyk

Welkom by die Departement Taalbestuur en Taalpraktyk!

U betree nou die webblad van een van die Universiteit van die Vrystaat (UVS) se splinternuwe departemente. Die Departement Taalbestuur en Taalpraktyk (TBTP) het ingevolge ‘n besluit van die Universiteitsraad (4 Junie 2010) op 1 Julie 2010 tot stand gekom. Daarmee is ‘n heel nuwe bestel ingelui vir die opleiding van taalpraktisyns in Suid-Afrika deurdat die trotse tradisies van twee gevestigde dissiplines aan die UVS gekombineer word. Taalbestuur as rigting is ontwikkel deur die Eenheid van Taalbestuur (ETB) wat sedert 1995 op nasionale en provinsiale vlak ‘n leiersrol in die veld gespeel het. Die ETB ontbind nou en sy erkende akademiese en navorsingskundigheid word voortgesit in die nuwe Departement. Taalpraktyk as rigting gaan veel verder terug. Dit is ‘n rigting wat aanvanklik in die Departement Nabye Oosterse Studies ontwikkel is en sedert 2002 in die Departement Afro-Asiatiese Studie, Gebaretaal en Taalpraktyk (AGT) tot wasdom gegroei het. Deur hierdie twee dissiplines te kombineer, vestig die TBTP ‘n heel unieke en dinamiese nuwe benadering tot taalpraktykopleiding in Suid-Afrika. ‘n Student aan ons departement kry ‘n opleidingsgeleentheid wat nie elders in hierdie formaat bestaan nie. Ons by die TBTP is daarvan oortuig dat ons ‘n nuwe generasie studente kan oplewer wat hulle plek sal kan volstaan in die post 2010 Suid-Afrika! 
 

Tuis
Oor die UV
Alumni
Biblioteek
Admin & Dienste
Nuus
Kontak Ons
Studente
eLearn: Bloemfontein-kampus
Studenteportaal
UV-aansoekvorms
Leierskap vir Verandering Program
Koshuise
2012 Registrasie
Klasgelde
KovsieLife
eLearn: Qwaqwa-kampus
Akademies
Akademiese Afdelings
Akademiese Programme
Kort-leerprogramme
Nagraadse Skool
Navorsing
Navorsing aan die UV
Direktoraat Navorsingsontwikkeling
Joernale
Personeel
Vakbonde
Intranet (Slegs UV-personeel)
Vakante poste
© 2000 - 2012 UV, Bloemfontein Terme en Voorwaardes, Privaatheidsbeleid, Toegang tot Inligting. Ontwikkel deur IKT-dienste

 

Beoordeel bladsy